Die vier modelle is die Fendt IDEAL 7, 8, 9 en 10. Die Fendt IDEAL 7 is ʼn enkele heliksrotor, terwyl 8, 9 en 10 dubbele heliksrotors is met verskillende 3D-golfpanontwerpe. Die interne werking van die dubbele heliksrotorstelsel voorsien die korrelgehalte van ʼn hibridiese masjien met die kapasiteit en deurset van ʼn rotasiemasjien. Die Fendt IDEAL 7 het ʼn AGCO Power-enjin terwyl die 8, 9 en 10 verskillende MAN-enjins het.
Met die bekendstelling aan die Suid-Afrikaanse mark vanaf April 2021, sal die Fendt IDEAL 10 die mees gevorderde stroper wees wat op die mark beskikbaar is, volgens mnr. Hall. Hierdie toonaangewende masjien, wat bekend gestel is by Agritechnica 2019, maak nie gebruik van gewone stuurwielbeheer nie, maar is toegerus met die IDEALdrive-stuurstelsel as ʼn opsie op al die spoorbandweergawes.
Die Fendt IDEAL 10T het ʼn nuwe MAN 16.2-literenjin wat voldoen aan Stadium V- Europese en Vlak 3A- plaaslike vrystellingstandaarde en het ʼn maksimum lewering van 790 pk., wat 143 meer pk. is as die tweedegrootste Fendt IDEAL 9-model. Die topmodel het ʼn nuwe skoonmaakstelsel wat spog met ʼn 15% groter skoonmaakkapasiteit.
Danksy die Cyclone-skoonmaakstelsel val die korrels ondertoe na die boonste sif deur twee boogvormige dubbelvaltrappe. Die boogvorm stel die swaarder korrels in staat om in die onderste deel te versamel, terwyl die ligter dele bo versamel. Die boogvormige trappe voorsien ʼn groter luguitlaat wat die lugvolume merkwaardig kan verhoog vir ʼn selfs doeltreffender skoonmaakproses.