2022-07-20Press release

Fendt IDEAL is die ideale stroper

Die Fendt IDEAL-reeks is in 2021 aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Voor in die ry om te kyk was Tharina Terblanche, ՚n welbekende boer van die Sasolburg-distrik.

2022-07-20Press release

Fendt IDEAL is die ideale stroper

Die Fendt IDEAL-reeks is in 2021 aan die Suid-Afrikaanse mark bekendgestel. Voor in die ry om te kyk was Tharina Terblanche, ՚n welbekende boer van die Sasolburg-distrik.

“Ek is uitgenooi deur Fendt om na die bekendstelling in Wesselsbron te gaan. Ek en een van my plaasbestuurders het gegaan,” vertel sy. “Ek was onmiddellik verlief op daardie stroper. Daarom het ek gesorg dat ek die eerste een was wat saam met Frans Cronjé van Fendt in die kajuit klim. Daardie model was reeds verkoop, so ek het toe die volgendes wat in die land ingekom het gekry — sommer twee van hulle!”

Dit was die eerste ingevoerde Fendt wat buite sy werkswinkel gepronk het. Van toe af het sy haar hart op die handelsnaam verloor.

Gedurende haar oorsese sakebesoeke vir haar looiery, het Tharina gesien hoe Fendt-trekkers die lande in Italië bewerk. Die Duitse tegnologie was wêreldklas, maar steeds nie beskikbaar in Suid-Afrika nie. Kort daarna het sy planne beraam om ook een in te voer en sy stap van toe af ՚n pad met ACGO, die vervaardigers van Fendt.

Toe nuwe stropers aangeskaf moes word, het haar hart dadelik punt gestaan na die nuwe IDEAL. Ons het besluit op ՚n IDEAL 7 en 8. “Ons lande hier is nie plat en groot nie, so die kleiner areas stroop ons met die 7 en ՚n 35-voet tafel. Groter en breër lande stroop ons met die 8 en ՚n 40-voet tafel,” verduidelik Tharina.

Haar besluit was nie net sentimenteel nie, dit is met noukeurige oorleg geneem. Die masjiene het ՚n 4,83-meter lange dubbelheliksrotor. Dit verseker dat daar minder vermorsing is en minder oorskotpitte op die veld agterbly. Die voerdrom is regstreeks aan die rotor gekoppel, wat beteken dat die rotorspoed outomaties aangepas word wanneer daar meer of minder materiaal ingevoer word.

“Die graan kom vinniger en skoner in wat ons help by ons silo sodat ons minder moet sif,” noem Tharina.

Die werktuig is verbruikersvriendelik en die kajuit is gemaklik. “Funksies soos die ry-opsporing help dat minder plante platgetrap word voordat jy by die regte ry is,” voeg sy by. Die kommunikasietegnologie, Fendt Connect, is ook ՚n reuse hulp. “Dit is vir my heerlik om in my kantoor te sit en te kan sien presies waar hy stroop, hoeveel op daai oomblik en wat sy brandstofverbruik is.”

Die vorige oesseisoen het verskeie uitdagings gehad soos pandemie-inperkings en verskepingsprobleme in die Suez-kanaal. Die IDEAL 8 was betyds, maar die IDEAL 7 was laat. Die een tafel is ook eers later afgelewer. “Met die 7 se aankoms het ons almal gesing,” bieg sy.

Onvoorsiene teëspoed op die 8 moes ook eers aandag kry. Omdat die stroper gestaan het, het Fendt op eie onkoste ՚n IDEAL 9 gebring en dadelik help stroop. Nadat die 8 weer aan die loop was, het hulle steeds gehelp totdat alles klaar was.

“Ek is dankbaar vir die verskil wat hierdie stropers in my boerdery gemaak het. Voorheen het ek gesukkel om die oes van die lande af te kry. Nou nie meer nie,” sê Tharina. “Dankie aan AGCO wat wêreldwyd hulle masjiene dophou en kliënte ondersteun. Dit is ՚n groot gemoedsrus. Ek het vertroue in julle, ek weet wanneer ek iets nodig het staan julle agter my…

“Ons sien so uit na die komende oesseisoen. Ons het al die toerusting wat ons nodig het – van IDEAL-stropers tot nuwe silos. Ek beveel die IDEAL-stroper eenhonderd persent aan. Ek weet Fendt sal goeie naverkopediens lewer.”

Vir meer inligting oor Fendt IDEAL-stropers, kontak gerus vir Frans Cronjé by 066-581-7505 of frans.cronje@agcocorp.com of gaan kyk self by jou naaste vriendelike, behulpsame handelaar. In die Sasolburg-omgewing is Valtrac die handelaar.

Downloads