Alle onderdele is reeds in voorraad by AGCO se hoofkantoor en onder-delemagasyn in Kemptonpark, en daar is ook ՚n bystandstroper (9T) om boere te help indien daar iets groots sou makeer wat nie vinnig genoeg herstel kan word nie.
Werner Nel, besturende direkteur van JWL Landboudienste wat die plaaslike AGCO-handelaar in die Wakkerstroom-omgewing is vertel meer oor die naverkopediens: “Selfs al het jy die beste produk in die wêreld sal dit niks help as jy dit nie kan ondersteun met die nodige naverkopediens nie.”
Die naverkopediens berus nie net by die plaaslike agent nie, maar ook by die ondersteuning wat die agent van die hoofkantoor af kry. “As agent het ek regstreekse toegang tot die onderdele en inligting van die hoofkantoor. Hoe korter die pad na die oplossing is, hoe minder word die boer se staantyd, en dit is tog waarna ons streef. Ons wil sorg dat die boer se toerusting so min as moontlik moet staan, en so veel as moontlik moet werk om produktief en winsgewend te wees.”
Fendt het ook pas op ՚n spog- geleentheid by die AGCO-hoofkantoor hulle handelaarsnetwerk bekendgestel. Die volgende bekende agentskappe is aangewys as Afrika se eerste Fendt-agente:
- BHBW – Bothaville, Vrystaat
- BHBW – Hoopstad, Vrystaat
- Drakensburg Agricultural Services (DAS) – Winterton, Kwa-Zulu-Natal
- JWL Landbou – Ermelo,Mpumalanga
- JWL Landbou – Standerton,Mpumalanga
- OVK – Bethlehem, Vrystaat
- Tradestuff – Hartebeesfontein, Noordwes
- Valtrac – Parys, Vrystaat